William Blake | |
---|---|
Portret van William Blake deur Thomas Phillips in 1807 | |
Gebore | Samuel Finley Breese Morse 28 November 1757 |
Sterf | 12 Augustus 1827 (op 69) Charing Cross, Londen, Engeland |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Digter, skilder, drukkunstenaar |
Bekend vir | Songs of Innocence and of Experience The Marriage of Heaven and Hell The Four Zoas Jerusalem Milton And did those feet in ancient time |
Eggenoot | Catherine Boucher (1782–1827, sy dood) |
Handtekening | |
William Blake (28 November 1757 – 12 Augustus 1827), was 'n Engelse digter, skilder en drukkunstenaar. Blake wat grootliks nie erken is gedurende sy lewe nie, word tans as 'n seminale figuur in die geskiedenis van die digkuns en visuele kunste van die Romantiese era beskou.
Die 20ste-eeuse kritikus Northrop Frye het sy literêre werke bestempel dat dit in verhouding tot die meriete daarvan, die minste gelese liggaam van poësie in die Engelse taal is. Sy visuele kunstenaarskap het daartoe gelei dat die 21ste-eeuse kritikus Jonathan Jones hom genoem het as verreweg die grootste kunstenaar wat Brittanje nog ooit opgelewer het. In 2002 is Blake op nommer 38 geplaas in die BBC se peiling van die 100 Grootste Britte. Terwyl hy sy hele lewe lank in Londen gewoon het, behalwe vir drie jaar wat hy in Felpham deurgebring het, het hy 'n diverse en simbolies ryk versameling werke vervaardig, wat die verbeelding omhels het as "die liggaam van God" of "menslike bestaan self".
Hy het 'n unieke metode in die waterverfskilderkuns ontwikkel in 'n poging om sy digkuns in waterverf uit te beeld. Blake bevraagteken die heersende waardes van sy tyd, op die gebied van kuns, godsdiens en filosofie. Sy poësie voorspel die groot veranderinge wat sou kom en baan die weg vir die konvensies van die 18de eeu.